FERLAN PETZER
Cambridge online school



Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Madelain Clark het hierdie rok regtig uit my verbeelding gemaak!
Ek het deur Pinterest geblaai, in die hoop om die perfekte rok te vind, en een ontwerp het my aandag getrek.
Gekant en getooi met pers en silwer, het die Rok gelyk of "sy" direk uit 'n prinses se Kas gekom het. Madelain het die kleurskema en ontwerp so verander om dit n pefekte PHANTOM" by die opera te maak.
Ek wou iets hê wat oorweldig was met duisternis, maar tog met net die regte mate van houding en ligheid het om die ontwerp tot lewe te roep.
Die samestelling van beige, swart en n sweempie silwer hier en daar, wat geskitter het met enige beweging wat gemaak is.
Dit was die perfekte mengsel van beskeidenheid en elegansie.