Evah Fourie
Die Hoërskool Menlopark



Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
23:00 die aand. Die beroemde Istiklalstraat in Taksim, Istanbul. Tussen duisende mense en winkels het 'n boetiek met pragtige rokke my oog gevang en ons het op die ingewing van die oomblik besluit om daar in te loer. Hierdie rok het bo al die ander uitgestaan. Die rok het soos 'n handskoen gepas en die silwerkleurige sequin-en-kraal detail was vir my iets besonders.
My rok is vir my 'n ware "Turkish Delight!"