Eunice Scherman

Hoërskool Waterkloof

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek is goed met droom….
(vra maar vir Juffrou Mongroom)
maar hierdie rok kon ek nie imagine nie.

Ek vra my Ma,
en sy sê JA!
want sy wag al lank vir DIE dag.

Ons kry toe ‘n rok,
een wat my kêrel se bewondering uitlok…
maar o wee, my Ma sê NEE ! 😖

Die ontwerper skep moed,
en begin weer met ‘n spoed
en stadig maar seker, maak sy hierdie ysbreker.

Sagte pienk met blomme en pêrels aangewerk,
is my rok klaar en ek maak dramaties my merk.
Ek kan in die broekie en dansrompie my bene hoog opskop,
want ek het in 12 jaar wraggies mos niks gedop!

In hierdie pragtige skepping het ek my skoolloopbaan gevier…
Jonk, vrolik en sterk beginsels wat seëvier.
Fluit-fluit my skool-storie is uit…
nou wag my Ma alweer 12 jaar net vir my as ‘n bruid 👰🏼😜

👗 Anne De Marieé Bridal Studio

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media