Eunél van der Westhuizen
Hoërskool DF Malan
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Ek was oortuig dat die ontwerp en keuse van materiaal my persoonlikheid moes komplimenteer. Ek wou maklik kon beweeg tydens die aand en daarom die wye romp met die aksent op die nou middellyn.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Ja
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Waarvan ek doodseker was, is dat my rok uniek moes wees, my borrelende geaardheid weerspieël, en nie net nog ‘n modegier is nie.
Die materiaal moes sag en vloeiend wees.
Ek het 'n visie gehad hoe die snit moes lyk en wees, en het 'n presiese foto gekry in my soektog op ‘n inspirasiebord.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
My gunsteling deel van my rok is verseker die romp gedeelte van die rok. Die kleurkeuse was treffend en die effe en eiesoortige bont komplimenteer mekaar. Ek was in die wolke oor die vloei van die material wanneer ek beweeg het. In geheel is die kleurkeuse en snit verseker die gunsteling deel van my rok.
Datum van matriekafskeid?
2024-09-19