Engela Stronkhorst
Hoërskool Die Wilgers
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Ek wou n twee-stuk rok gehad het wat vir meer as een geleentheid gebruik kan word. Ons het oral vir kleurvolle blomme materiaal gesoek wat ook realisties lyk. Aan die begin van Augustus is twee verskillende stukke materiaal aanlyn vanaf China ingevoer en dit was drie weke later hier. Ek en my ma het vir die volgende paar dae gesit en die blomme uitgesny. Daarna het my ma met n soldeerbout die blomme se kante gesmelt sodat dit nie uitrafel nie. Die blomme is op die boonste mesh laag van die romp vasgeplak. En uiteindelik was die rok gereed die dag voor die matriefafskeid.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Ja
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Ek het die idee vanaf graad 11 gehad. Ek wou iets unieks en tydloos gehad het. My rok is toevallig simbolies van my gunsteling Griekse mitologiese verhaal van Persephone. Die kleurvolle blomme op die swart agtergrond is simbolies van die aankoms van lente, soos Persephone terugkeer na 6 maande in die Onderwêreld. Ons matriekafskeid was ook in die lente.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
My gunsteling deel van my rok is dat ek dit saam met my ma en my sussie gemaak het. Dit maak die rok soveel meer spesiaal. Ek is mal oor my rok en het sommer baie mooi gevoel.
Datum van matriekafskeid?
2024-09-21