Emma van Heerden

C&N Sekondêre Meisieskool Oranje

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Die rooi is vir my pragtig en staan ​​regtig uit (dit maak 'n stelling). My liefste ma het die rok vir my gemaak! (dit is nie haar beroep nie, so sy het my verskriklik beïndruk). Die rok bestaan ​​uit 'n korset-top en 'n breë onderkant, met blomme wat van onder af "op klim". Die rok is uit rooi satyn ontwerp.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja, op 19 September 2024, by Monte Bello

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My rok is gebaseer op die outydse formele styl van koninginne. "Mid 20th Century (1940s-1960s): The influence of wartime practicality led to simpler silhouettes. Women’s dresses became more streamlined, often with fitted bodices and flared skirts, while military uniforms played a significant role for men. The iconic wedding dress of Queen Elizabeth II in 1947, made of ivory silk, set a new standard for bridal fashion."

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Beslis die tyd wat ek saam met my ma kon spandeer. Sy was so opgewonde oor die baie moontlikhede vir die rok en het nie een idee van my afgeskiet nie. Sy het gereeld met 'n groot glimlag in my kamer gekom om te kom vra dat ek kom kyk of kom aanpas. By ver is die proses van maak sowel as die breë onderkant van my rok is my gunsteling, want ek wou nog altyd 'n prinses wees.

Datum van matriekafskeid?

2024-09-19

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media