Emma Thompson

Hoërskool Zwartkop

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek is n groot voorstander van "less is more". My rok is baie simplisties , maar tog uniek en het uitgestaan. Ek is redelik kort en het juis die een soliede kleur van satyn gekies vir elegante lang lyne wat my lank en lenig sou laat lyk. Die hoë slit , oop rug en die sliver beld en bandjies is sulke klein details wat my rok verhef tot iets wat tydloos is met n bietjie flambojantheid. Die kleur is ook uniek , omdat dit satyn is speel en dans die kleur met die lig wat daarop skyn.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Zwartkop

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek wou iets tydloos en elegant gehad het. Ek glo vas dat jy die rok moet dra ; nie die rok jou moet dra nie. My rok moes my sag en fyn vroulikheid beklemtoon het. Ek wou graag hê my rok moes my persoonlikheid weerspieël ,soveel so dat wanneer jy die rok sou sien , ń mens kon sien dat die rok myne was. Ek wou hê dat die rok koppe laat raai en asems wegslaan sonder dat dit lyk soos die nuuste, wilde mode skepping. My rok is uniek ek, dit moes my laat mooi en vroulik voel en dit is presies wat dit gedoen het.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel van my rok is verseker die oop rug. Die rok is so eenvoudig en is pragtig van voor af , maar die oop rug is verseker n overwagse"wow" oomblik wat jou asemloos laat. Die gemaklikheid van my rok staan verseker vir my uit. Ek kon my aand geniet en soos eg ek voel in n rok wat waarlik my persoonlikheid weerspieël.

Datum van matriekafskeid?

2024-09-28

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media