Emma Guthrie



Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Baie meisies wou vir ‘n Met Gala-voorkoms gaan. Ek glo egter sterk dat jy die rok dra en nie die rok vir jou nie. Ek het reeds in Gr11 my oog op die woud groen ontwerp gehad, dit is werklik ‘n verlengeng van wie ek is. Dit is effe konserwatief, elegant en sonder drama, 3 vereistes vir tydlose styl.
Met ‘n nagmêrrie begin en die eerste rok wat soos Aspoestertjie se lappies rok gelyk het, het my ‘Fairy godmother’, tannie Patricia, en my ma tot die redding gekom. My droom matriek afskeidsrok, is geskep.
My voorkoms, is gekomplimenteer met Swarovski-oorbelle, ‘n geskenk van my ouers vir my 18de verjaardag. Die skoene was gelukkig nie glaspantoffels nie, maar sommer net geleen.
Jammer vir die lang draaiboek, maar hoe kan ‘n feeverhaal in net een sin vertel word.