Emma Doms

DF Malan Hoërskool

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

As ‘n jongmeisie het ek nie juis veel gedink van mode en grimering nie. Met n t-hemp en los broek was ek altyd hoogs tevrede solank ek net gemaklik was. Maar toe gebeur die onverwagste,aan die begin van my tiener jare begin ek n aanvoeling kry vir grimering en mode en was my vriende my leermeester op die gebied. Daardie balans tussen gemak en mode het ek probeer vasvang in my matriekafskeid met die hulp van die talentvolle Didi Couture. Dus is my rok die perfekte balans tussen gemak en mode. Die roosgoud kleur van my rok is n weerspieëling van elegansie en die fyn steentjies is weer n weerspieëling vir my liefde vir mode en so n ietsie blink. Ek het besluit op die een skouer ontwerp nadat ek vir my skool se somerbal n een skouer rok gedra het en soveel komplimente daarvoor gekry het, en natuurlik moes ek n lae rug hê wat daarmee gaan. My rok moes altyd elegant wees, maar iets wat mense sal onthou.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

DF Malan Hoërskool

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My ontwerper, didi, het my verseker in die regte rigting gelei met my ontwerp van my rok, maar my inspirasie het van my somerbal rok ontwikkel wat ek vroeër die jaar na ‘n dans toe gedra het. Ek was mal oor die een skouer en het nog altyd gese dat my rok n lae rug moet hê en die ‘wow’ faktor moet gee wat myne beslis het met al die blink kristalle. ‘n Klasieke stylvolle rok wat op die rooi tapyt sou verskyn.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel van my rok was defnitief die ontwerp van my lae rug met die bandjies wat my rug gekomplimenteer het. My materiaal self was magies.

Datum van matriekafskeid?

2024-09-19

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media