Emma Beukes

Hoër Meisieskool Bloemhof

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Emma het reeds verlede jaar in Gr 11 ‘n klein fototjie gehad van hierdie rok in die presiese lilac/periwinkle kleur. Sy het die heeltyd gesê dit is presies hoe haar matriekafskeid rok eendag gaan lyk… en sy het daarby gehou. Niks en niemand kon haar ompraat nie. Sy het presies geweet hoe haar haarstyl moet lyk om by die rok te pas (nie oordadig nie) om die hele “prentjie” volledig te maak! ‘n Engel van ‘n vriendin het aangebied om haar rok te maak en vir haar, sowel as vir ons, was dit ‘n groot uitdaging! Ons kon nie ons oë glo toe ons die eindproduk sien en besef dit is presies soos Emma se prentjie en idee wat sy wou gehad het. Die heeldag in haar beautiful rok het sy gesê “mamma, ek voel soos ‘n prinses, ek voel so gelukkig, en dit is absoluut presies my droomrok en die prentjie van myself wat ek wou gehad het”! En, soos baie wat na haar toe gekom het ná die matriekafskeid, het gesê… as daar nou een mens is wat hierdie rok kon “af pull” is dit Emma! Sy het my totaal en al verbaas met haar elegansie, selfvertroue en skoonheid en die manier waarop sy die rok “ge-own” het, soos hulle sê. Dit was sowaar ‘n show stopper! 💜

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media