Emily Schoeman
HMS La Rochelle Paarl
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
My uitkyk ten opsigte van mode, was nog altyd “less is more”. Ek het dus ‘n meer klassieke snit gekies, wat gekomplimenteer word deur ‘n sprankelende lap.
Ek wou graag ‘n elegante, klassieke en tydlose rok gehad het waarin ek vroulik en selfversekerd kon voel. My ontwerper, Perta, het baie hard gewerk om aan my visie gestalte te gee en te verseker dat ek soos ‘n regte “Bond-girl” sal voel op my dag.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
HMS La Rochelle Paarl
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
My rok was geïnspireer deur die bekende James Bond film, Spectre.
Ons gesin het tydens lockdown al die James Bond films gekyk en die mooi “bond-girls” en hul ongelooflike rokke het dadelik my aandag getrek. Ek het gedroom daarvan om so mooi te wees soos hulle en om ook sulke pragtige rokke te kan dra. Uiteindelik, 5 jaar later, het ek die geleentheid gehad om my matriekafskeid rok te ontwerp en die ligte-blou rok, gedra deur Lea Seydoux in die James Bond Film, Spectre, gebruik as my inspirasie.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
My gunsteling deel van my rok, was hoe ek gevoel het toe ek dit gedra het. Deur ‘n rok te dra wat geïnspereer is deur ‘n “Bond-girl” het vir my sommer ook laat voel soos een… mooi, magtig, selfversekerd en vreesloos.
Datum van matriekafskeid?
2024-10-04