Emily de Reuck
El Shaddai Christian School
Tuisdorp
Durbanville
Skool
El Shaddai Christian School
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Lux Couture
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
My rok is geïnspireer deur die kalmte en die skoonheid van water, iets waarmee ek nog altyd ’n sterk verbintenis het. Blou is my gunstelingkleur, nie net omdat dit mooi is nie, maar omdat dit vir my vrede, diepte en selfvertroue simboliseer. Die sprankelende kraletijies laat my dink aan hoe lig oor water dans, en vang daardie gevoel van grasie en innerlike krag vas. Ek wou ’n rok hê wat tydloos en elegant is, maar steeds ek eg: sag, vol selfvertroue, en met ’n bietjie sprankel.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
My matriekafskeidsrok is vir my ’n simbool van groei en herinneringe. Dit verteenwoordig die jong meisie wat ek was en die vrou wat ek besig is om te word. Elke sprankel op die rok laat my dink aan die mense en oomblikke wat my tot hier gebring het en dis ’n herinnering om altyd my eie lig te laat skyn.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Vir my was die hoogtepunt van die aand om saam met my vriende te wees en die laaste keer as skooljaar te vier. Om almal so mooi aangetrek, vol opgewondenheid en emosie te sien, het my besef hoe kosbaar hierdie tyd is en hoe vinnig dit verbygaan.
Planne vir na matriek
Na matriek beplan ek om medies te studeer, omdat ek ’n diep passie het om ander te help en ’n verskil in mense se lewens te maak. Terselfdertyd wil ek steeds tyd maak vir my stokperdjies soos dans, hokkie en dwarsfluit speel omdat dit my kreatief, gesond en gebalanseerd hou. Ek beplan om aan universiteit by dans- en sportgroepe aan te sluit en my musiek te gebruik as ’n manier om te ontspan en uitdrukking te gee aan wie ek is.
Gunsteling woord in Afrikaans
Sielskos
Datum van matriekafskeid
2025-09-19