Emily Cornelius

Hoërskool Durbanville

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok is gemaak uit n sagte goue materiaal wat bestaan uit duisende sprankelende kraaletjies en patrone wat geontwerp is met die doel om te blink en uit te staan net soos die goue strale van die son. Daar is ook juwele om die bors area aangewerk om by te dra met die idee van sprankel en skyn. Die rok is wel elegant met n eenvoudige snit om die liggaam se vorm te komplenteer maar word geaksensueer met die lae rug en sleep agter om dit daardie wow-faktor te gee. Alles hierdie om n elegante, tydlose rok te vorm wat enig in sy soort is.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Durbanville

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Die inspirasie agter my rok was om n rok te ontwerp wat elegant en eenvoudig is maar wat steeds n wow-faktor het! Deur gebruik te maak van die sagte goue kleur van die materiaal saam met die sprankel daarvan dien dit as die perfekte kombinasie om n tydlose rok te skep!

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Daar is eintlik nie n deel van die rok wat ek nie as my gunsteling deel sal beskou nie maar as ek nou moes kies sou ek se dat my gunsteling dele van die rok dus die volgende dele is: die lae rug- vir my is die rug een van die mooiste dele van die liggaam, dit dien as n simbool van vrouenskap op n manier wat elegant is, ek is ook mal oor die manier wat die patrone van die rok perfek val en hoe dit die verskillende dele van my lyf komplenteer, verder is ek ook mal oor hoe rok die vorm van my lyf aanneem en nie anders om nie. Ek kan beslis ook nie vergeet van die klein sleep aan die agterkant van die rok nie- dit is dalk n klein detail maar dit dra beslis by om die wow-faktor van die rok te laat verskyn.

Datum van matriekafskeid?

2024-09-19

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media