Elzandri Nortje
Goudveld Hoërskool Welkom



Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Ek is nogal bietjie van 'n introvert en al waaroor ek seker was in die begin was dat die rok mintgroen moes wees,ek wou net natuurlik maar tog mooi lyk.Tannie Celeste Peyper van Viléste Couture in Bloemfontein het my persoonlikheid so mooi gelees van die eerste dag af,my idees geluister en presies my droomrok ontwerp en gemaak!Ek het nie soos iemand anders gevoel nie,wel my eie prinses mooi,ek kon net Elzandri wees,van my pragtige rok tot by my hare,grimering,naels,my gentleman metgesel en als was net perfek!