Elzaan Smith
Hoërskool Bellville
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Toe ek jonger was het ek altyd gedroom van 'n rok wat 'n indruk sal skep en my soos 'n prinses sal laat voel. Tannie Belinda van "Bespoke by Belinda" het my gehelp om my droom rok bymekaar te sit. Sy het morrocon satyn as basis gebruik en dit bedek met geborduurde kant wat strategies geplaas is op die bostuk en romp gedeelte. Die meermin styl het my figuur beklemtoon en die sjiffon detail by die rug het 'n sagte effek gegee wat als mooi saamgevat het. My idee van my droom rok was om my elegant, klassiek en stylvol te laat lyk. Ek het gevoel of ek op 'n Hollywood film se rooi tapyt afstap toe alles bymekaar gekom het.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Hoërskool Bellville
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
My inspirasie vir my rok was dat ek nog altyd my eie matriekafskeid rok wou ontwerp. Met 'n paar idees van Pinterest, het ek al my gunsteling idees gekombineer en gebruik om my droom rok te ontwerp. Ek wou nog altyd 'n rooi rok hê vir my matriekafskeid, maar toe ek die kleur van die materiaal sien, het ek dadelik verlief geraak daarop. Dit was iets besonders en 'n unieke kleur. Ek het geweet dat dit my unieke persoonlikheid en sagte geaardheid sou beklemtoon. Dit sou net uitstaan en anders wees!
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
My hele rok was vir my baie spesiaal, maar die gunsteling deel van my rok was die lae rug en die sagte sjiffon "wing" detail agter wat ek kon afhaak as ek dans. Die sjiffon "wing" detail het ook my fotos baie mooi laat vertoon en afgerond. Elke keer as ek die"wings" opgegooi het in die lug het dit gevoel of ek my vlerke sprei om 'n nuwe begin te maak na matriek. Die hoë slit het dit moontlik gemaak om gemaklik te kan beweeg en dans. Als het net mooi 'n eenheid gevorm.
Datum van matriekafskeid?
2024-10-05