Elri Bosman
Hoërskool Monument
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
My keuse vir my matriekafskeidrok was om net soos EK te voel. Ek wou so gemaklik as moontlik voel en daarom het ek gekies om 'n “bodysuit” styl as die lyf van my rok te kies. Die slee was definitief 'n bonus en was op so manier deel van my rok om nie in die pad te wees nie, wat dit moontlik gemaak het vir my om my aand ten volle te geniet.
Soos 'n dogtertjie al van kleins af droom oor die perfekte matriekafskeid rok het ek toe al geweet dat my rok ROOI moet wees. Rooi het my nog altyd spesiaal laat voel. Ek voel die vloeiendheid van my materiaal dra by tot my vrye persoonlikheid, wat so mooi afgerond is deur die mooiste pêrels. Baie dankie aan Shené Vyver Couture, Celeste Cilliers Photography, Hair by Josh en EA Academy wat my gehelp het om my droom ‘n werklikheid te maak.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Hoërskool Monument
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
My grootste inspirasie vir my rok was net om soos myself te voel en myself tot die beste van my vermoë uit te beeld.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Vir my was my gunsteling deel van my rok die hoeveelheid moeite, detail en liefde wat in my rok ingesit was deur tannie Shené, sodat ek so spesiaal kon voel en die aand ten volle kon geniet.
Datum van matriekafskeid?
2024-09-19