Elri Becker
Hoërskool Waterkloof
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Ek het iets gesoek wat ek weer na enige formele geleentheid kan aantrek. So dit moes stylvol, elegant en tydloos wees en ook die gevoel van “rooi tapyt” weerspieël. Die rok is gemaak van swart Crêpe materiaal omdat dit ‘n gladde gevoel het en perfek is om ‘n lang en grasieuse silhoeëtte te skep. Wit Bruidsatyn is gebruik om die bostuk en rugkant drapering met sleep te vorm. Die sleep kan na die matriekafskeid verkort word of verwyder word.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Ja, Hoërskool Waterkloof
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Ek is ‘n bietjie “ ‘n ou siel met jong oë ” en Audrey Hepburn se swart rok in die 1961 film “Breakfast at Tiffany's” het my geïnspireer. Ek wou ’n swart noupassend vloerlengte rok hê met wit bostuk wat met die swart silhoeët kontrasteer. Die wit drapering met sleep, dink ek, gee daardie “rooi tapyt” gevoel.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
My gunsteling deel van die rok was beslis die wit bostuk met drapering tot op die grond. Om rond te beweeg het met die sleep het luuks gevoel.
Datum van matriekafskeid?
2024-09-19