Elré Espach

Hoër Volkskool Potchefstroom

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Shani van Esje's Design het my rok ontwerp volgens my sagte persoonlikheid en styl. My rok het my perfek gepas. Ek het al van kleintyd af gedroom oor my matriekafskeid rok en 'n prentjie in my kop daarvan gehad maar die eerste keer wat ek hom aangetrek het, het dit my asem weggeslaan. Ek kon nie ophou kyk, vat en draai nie. My rok was so elegant en het my persoonlik perfek weerspieël.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoër Volkskool Potchefstroom

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek het n klomp prentjies gesien op Pinterest en idees gehad in my kop maar toe ek vir Shani ontmoet het, het sy my persoonlikheid perfek opgesom en met my en haar idees kon ek my droomrok na my matriekafskeid toe dra.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My hele rok! Hoe perfek dit my gepas het en hoe mooi ek daarin gevoel het. Elke blommetjie met die hand vasgewerk en die laag op laag op laag materiaal waarin ek kon dans en draai. Die rok was so ek!

Datum van matriekafskeid?

2024-09-20

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media