Elmé Roets
Die Hoërskool Wagpos
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Om 'n matriekafskeid rok te kies is 'n staatsgeheim. Niemand mag weet nie, want geen meisie wil dieselfde lyk nie. Ek het die kleur rooi gekies, nie net omdat dit by my pas nie maar ook omdat dit my herinner aan 'n ou gesegde, enigste roos tussen n klomp dorings. Met hierdie kleur beeld dit my unieke menswees uit tussen duisende ander mense in die wêreld. Elke hand geborduurde blommetjie en patroon is 'n uitbeelding van hoe God elke persoon gevorm het, net soos wat hy my gevorm het. My rok is uniek, geen ander persoon het dieselfde ontwerp gekies nie, net soos God geen persoon op aarde dieselfde geskape het nie. My rok beeld my uniekheid uit die persoon wie ek is, 'n vrou wat deur God, die ontwerper, gevorm is.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Die Hoërskool Wagpos
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
My inspirasie was nie wat nie maar eeder wie, my ouma het 'n groot rol in my lewe gespeel. Sy het op 16 Junie 2024 haar stryd teen borskanker verloor. Rooi was haar kleur, sy was mal oor rooi lippe, rooi naals, Red Door parfuum, en 'n rooi rok.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Elke liewe handgewerkde blommetjie, elkeen anders maar tog so perfek en uniek.
Datum van matriekafskeid?
2024-09-19