Elke Koch
Hoërskool Outeniqua
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Ek het self my rok ontwerp, om by my liefde vir die natuur en kunstigheid in te pas. Ek is vrek mal oor alles groen en plante maak my hart bly! Die kleur is vir my gekoppel aan geluk en vrede. Die rok is ook self gemaak deur my ma wie n fantastiese oog vir naaldwerk het! Sommer net so by die huis, wat saam koppel aan my hand gemaakte juwele wat ek self ontwerp het saam met my rok!
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Hoërskool Outeniqua George
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
My inspirasie was om soos 'n rank plant te lyk, met organiese/ natuurlike kurve en pragtige skakerings van verskillende groenne.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Ek kon stukkie vir stukkie sien hoe my rok vorder, omdat dit by die huis gemaak was. Ek het dit so geniet om te eksperimenteer met my grimeering en hare, wat vir jou sommer wys jy hoef nie te veel geld te spandeer om nogsteeds jou prinses fantisie n realiteit te maak nie! Ek was mal oor die feit dat my rok een van sy soort is en dat dit waarlik my persoonlikheid uitgebeeld het!
Datum van matriekafskeid?
2024-09-27