Elge Coetzee

Afrikaans Hoër Meisieskool Pretoria

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Toe ek besluit het oor my ontwerpkeuse wou ek stylvol,maar ook baie gemaklik wees. Dit was defnitief 'n missie om die perfekte lap te vind,want ek het 'n spesifieke prentjie in my kop gehad en ek en my ma het aanhou soek tot ons die lap kry wat aan daardie prentjie voldoen. 'N Oop rug en sakke was deel van die droom,maar die belangrikste vir my was die BLOMME!

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Afrikaans Hoër Meisieskool Pretoria

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Deur my hele hoërskoolloopbaan wou ek nog altyd 'n blommerok gehad het.Die ontwerp en patroon van die blomme het defnitief deur die jare verander,maar die droom van 'n blomrok het bly staan.My gesin en vriendinne wie my goed ken,weet dat ek verlief is op blomme.In Affies het die graad 8's 'n tema en hierdie jaar was die standerd 6'e Bloeisels na Blomme.Hoe toevallig?Daarom het die bloeisels van 2024 'n bydrae gelewer tot die inspirasie van my rok.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Baie dogters het 'n glitterrok met 'n slit aangehad.Daar was baie rooi,groen,swart en blou rokke.Ander het rokke met valletjies gedra. Maar ek dink my rok spreek van uniekheid.Dit is stylvol,kleurvol en eie van sy soort. In hierdie rok het ek gevoel soos 'n Disney Princess!

Datum van matriekafskeid?

2024-10-05

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media