Elena Kritzinger

HMS La Rochelle

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok is die produk van my eie verbeelding en is daarom eenhonderd persent uniek. Ek het die rok ontwerp in samewerking met die talentvolle Elouise Roode en besluit dat ek n elegante, volwasse beeld in gedagte gehad het. Die kleur is besonders en verander afhangende van die lig wat daarop skyn; Soms immergroen, amder kere helder blou. Só plaas ek klem op my eie natuurlike eienskappe, soos die kleur van my oë en my donker hare.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

HMS La Rochelle

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My inspirasie kom vanaf n briljante boek deur Taylor Jenkins Reid, 'The Seven Husbands of Evelyn Hugo'. Die geheimsinnige, elegante en beeldskone hoofkarakter dra n kenmerkende groen rok, en my aandag is onmiddelik deur hierdie beeld vasgevang. Behalwe my liefde vir ongewone literatuur, het my diep konneksie met die natuur as plaaskind ook n groot impak op my liefde vir groen.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die breë voue wat soos water om die rok val, en die inryg-korset bostuk.

Datum van matriekafskeid?

2024-10-04

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media