Elanjé Roberts

Hoërskool Transvalia

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Wanneer daar na my rok gekyk word wou ek dadelik hê een moes kan sê "Dis Elanjé". Van die kleur , tot die snit, tot die fynste aanwerking van die spoggerige blink kant. My kleur waarop en gekies het is n Rose Gold, met silwer en pienk ondertone. Die keuse op die snit wou ek fokus op om my kenmerke te beklemtoon. Oop rug met lang elegante moue , en die haarfyn plasing van die kant.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Vir so lank soos wat ek kan onthou, kon ek myself nie insien as die meisie waarna gekyk word nie. Jy skuil agter ander, laat komplimente van jou rug afrol, sien die skoonheid in ander. Vir een aand wou ek myself verlos van al die neerdrukkende gedagtes. Een aand waar ek in die spieël kon kyk en sê..."Wow" . Een aand wat ek confident voel en confidence wys. Een aand wat ek my Disney prinses oomblik kon hê.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Van die fynste steentjies tot die haarfyn plasing van die kant, is my gunsteling deel van my rok hoe die kleur my kompleksie beklemtoon en my oë laat uitblink.

Datum van matriekafskeid?

2024-09-20

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media