Elani Bothma
Hoërskool Middelburg (Oos Kaap)



Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Uniek…die woord wat ek al van kleins af wou hê die beskrywing van my matriekafskeidrok moes wees. Ek was nog nooit een van daai meisies wat in 'n winkel kon instap en dadelik 'n rok kry waarvan ek hou nie, daar is altyd iets wat ek sal wil verbeter of verander.
Ek het daarvan gedroom om my eie matriekafskeidrok te ontwerp of daarmee te help en dit is toe presies wat ek gedoen het. Ek het na 'n hele paar foto's gekyk vir inspirasie.
5 Moets van my rok was… dit moet sakke hê, dit moet gemaklik wees, ek moet daarin kan dans, ek moet dit weer in die toekoms kan dra en dit moet in my gunsteling kleur wees!
Ek sê baie dankie aan tannie Liz McEwan wat my droom matriekafskeidrok vir my gemaak het.