Elandie de Wet

Hoerskool Fochville

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok is n korset tipe. Ek wou gehad het dit moet tydloos en elegant wees. My rok is geel omdat ek graag my borrelende persoonlikheid daarmee wou weerspieël .Die korset gedeelte van my rok is pasgemaak volgens my instruksies, my ontwerper Lizan Zondaghen van Lizan Zondaghen couture het my rok perfek gemaak. Die strikkies op my skouers het die hele rok net perfek afgerond. Dit het my soos n prinses uit n sprokies wêreld laat voel.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoerskool Fochville

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek het vanaf graad 10 begin rondsoek vir idees en inspirasie vir my matriekafskeid rok .Ek het vir tannie Lizan begin volg op Instagram ’n rok gesien wat sy gemaak het soortgelyk aan myne. Ek het dadelik geweet en soek so n rok natuurlik met my eie persoonlike 'touch' daarby .Dit was vir my n groot voorreg dat sy my rok kon gemaak het omdat ek geweet het presies wat ek gaan kry. My grootste inspirasie was dat ek self my eie uniek en persoonlike aspekte op my rok kon voeg en my rok uniek maak. [MY EIE ]

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel was defektief, sonder twyfel, my rok se kleur. [geel is natuurlik my gunsteling kleur ] Dan sou ek sê die strikkies op my skouers, dit was net perfek op elke moontlike manier en het my rok net so perfek laat uitstaan. Dit het my rok uniek gemaak. [spesiaal]

Datum van matriekafskeid?

2024-09-19

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media