Duné Burger
Hoërskool Vryburg
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Ek is eintlik baie onbesluiteloos so my rok was ñ groot soektog… My enigste voorwaarde was iets uniek. Ek het my hele familie aan die soek gehad…toe kom Pinterest tot my redding ! Ek wou elegant, stylvol en uniek lyk, toe maak tannie Enid Bekker my drome waar !
Vuloa ! En my droom word bewaarheid..
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Hoërskool Vryburg
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Ek hou baie van ñ SHERRI HILL nommertjie, en ek wou skitter !Die doel was om te voel asof ek in een van haar modeperades loop, dit het op die dag regtig so gevoel ! Ek wou nog altyd ñ oop rug hê, maar dit moes iets anders wees. Ek is altyd ingestel op detail op my arm en nek. Goud is ook een van my gunsteling kleure. Ek glo ook nie dat jy moet lyf wys om ñ impak te maak nie!
Jy moet net jou rok met selfvertroue kan dra, dan kan jy tot ñ swartsak laat goed lyk !
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
DIE DETAIL. Die detail op die rok het my persoonlikheid so mooi vasgevang. Ek het ‘n sprankelende persoonlikheid wat nie maklik onderdruk kan word nie en my rok het dit 100% uitgebeel.
Die detail op my rok is op party plekke baie fyn en dit is alles met die hand vasgewerk. Die feit dat ek gemaklik gevoel het in my rok was ook ‘n groot pluspunt.
Datum van matriekafskeid?
2024-10-03