Dominique Scott
Duo Edu Senior Onafhanklike Skool



Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Sedert die aanvang van my matriekjaar, was dit 'n soektog na die perfekte rok wat by my persoonlikheid pas. Ek is stil en teruggetrokke en hou nie van aandag op my nie, maar tog wou ek oorspronklikheid en iets anders weerspieel in die keuse van my rok. Dit was 'n soektog na die regte materiaal, maar uiteindelik het ek gekry waarna ek opsoek was. Sabrine Couture het die materiaal omskep in 'n pragtige rok, wat definitief enig in sy soort is. Ek is verlief op hierdie stunning rok van my.