Domenique Scholtz
Hoërskool Fochville
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Die rok wat ek gekies het is elegant en baie intressant ,die kleur van die rok is ń romantiese rose-gold sequins met ń sagte rose -gold chiffon wat saggies by die skouers afhang . Die rok het ń pragtige v-neklyn gehad .Aan die agter kant het die rok ń lang sleep wat agter die draer aansleep ,met dun skouerbandjies gehad.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Ja
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Ek wou van kleins af ń rok aantrek wat my as mens uitbeeld ,die rok se sequins wat weerkaats in lig beskryf hoe ek ń skitterende , babbelende persoonlikheid het wat enige mens se dag kan ophelder . My inspirasie kom oorspronklik van die bekende Marlon Monroe wat kreatief ,onkonvensioneel en empaties was en groot legendes agter gelaat het . Sy het oor die algemeen ń sterk begrip en baie lewende herinneringe agter gelos ,wat my geinspireer het om my spesiale dag stylvol aan te pak en soos ń million bucks te voel .
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
My gunsteling deel van my rok is by vêre die agterkant omdat die chiffon saggies en elegant afhang saam die sleep van my rok asook die sequins van my rok omdat dit oogvangend was en my persoonlikheid beskryf.
Datum van matriekafskeid?
2024-09-19