Diné Meyer

HTS MIDDELBURG

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek het in graad 5 'n foto van my droomrok op Pinterest gesien. Toe ons in die begin van die jaar idees vir rokke gesoek het, het ek my 2015 idee uitgepluk. Ek was nogsteeds gaande daaroor en het geweet daar is net een persoon in hierdie wêreld wat die geduld gaan hê met my en my ontwerp – en dis my Ouma Dina (miskien dis dit omdat ons ewe vol fiemies is!). So na meer as 200 ure se handewerk, pas en weer pas het hierdie perfekte skepping die lig gesien. Dit reflekteer my sagte geaardheid maar wys ek is nie bang om anders, maar tog stylvol, te wees nie.

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media