Dilize du Plessis
Hoërskool Vredendal
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
My matriekafskeid rol was ń koningsblou eenstuk rok, met ń kant korset wat met duisende skitterende steentjies versier was en ń satyn vloer lengte romp met ń sagte spoor en ń hoë spleet.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Hoërskool Vredendal
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Ek wou nie ń blou rok gehad het nie, punt! Maar na vele onsuksesvolle pogings om die “perfekte” materiaal, vir wat ek ingedagte gehad het, te vind het ek besluit om na ander opsies te kyk… want net dalk kry ek ń idee vir iets anders. Ek was mal oor die ontwerp van die rok waarop ek my hart verloor het, maar in ń ander kleur. Die korset het my kinderlik opgewonde gemaak, die romp gedeelte met die sagte spoor en hoë spleet was iets besonders… en toe die woorde “daar is nie die grootte in die kleur wat ek graag wou gehad het om aan te pas nie”. Die dame wat my by gestaan het, het aangedring dat ek die enigste rok in die selfde ontwerp aanpas, maar in blou- koningsblou! Ek het ingestem so bietjie teen my sin, maar toe ek die rok aan het en my self in die spieël sien, was ek verlore en het ek geweet ek het my DROOM ROK gevind.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Ek kan niks spesefieks uitsonder nie, ek was mal oor my rok! Die skitterende kant korset het my persoonlikheid perfek weerspieël, so ook die eenvoud en elegansie van die romp gedeelte. Ek het soos ń prinses gevoel en gelyk! Die spoor het met elke beweging saam met my gevloei en die korset het saam met my geglinster – soos in ń droom, die perfekte droom.
Datum van matriekafskeid?
2024-10-04