Dezré Goosen

HTS Drostdy

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Want hoekom nie?
Van kleins af was ek die dogtertjie wot dinge
bietjie anders gedoen het. Ek wou nie soos my maatjies aantrek nie. Ek wou lyk soos die mense in die tydskrifte van die wagkamer in my Ma se salon. So het ek ‘n liefde ontwikkel vir die mode wêreld. Ek hou daarvan hoe mense hul uniekheid, kreatiwiteit en emosies kan uitdruk in die klere wat hulle dra. Dus het ek vir ‘n rok gesoek wat my dramatiese kant, my onoorspronlikheid, vriendelikheid, elegante en stylvolle persoonlikheid uitbeeld. Tog, in dieselfde tyd moet dit koppe laat draai van verbasing.
Ek het aan die begin vir my Ma ‘n foto gestuur van ‘n soortgelyke rok as ‘n grappie en tong in die kies gevra of ek dit kan dra matriek afskeid toe. Tot my verbasing was sy mal oor die idee en was die bal aan die rol.
Die spesiaal gemaakte flamink pienk, hoë-laag aandrok met die dramatiese en speelse silhoeët was ontwerp en gemaak aan die hande van Molteno Couture om perfek my ligaam te komplimenteer.
Ek is mal oor dans en was bang dat dit moeilik sou wees om die 25 meter materiaal mis te trap. Daarom het ons dit goed gedink om die agterste net gedeelte aan hakkies onder die tutu (rompie) in te hak, sodat dit kan los kom en ek net in die tutu kan dans.
Ek het nie die rok gedra nie, die rok het my gedra. Ek kon nie vir ‘n rok vra wat beter die konsep “uitstaan” verstaan het nie.

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media