Deziré Coetzer

Hoërskool Randburg

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Die rok van Catherin Walk Boutique is 'n pragtige, ligte mint blou kleur met ligte blou satyn afwerkings en delikate kralewerk wat lyk soos klein pêreltjies met verdere silwer detail aan die korset. Die binnekant van die frilletjies romp is ook met dieselfde ligte blou satyn uitgelê.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja, Hoërskool Randburg

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

As klein dogtertjie was my kamer vol feetjies en was ek dol oor sprokies. Oorspronklik het ek iets anders in gedagte gehad vir my rok maar nadat ek dié rok aangepas het, het ek beslis soos 'n fee prinses in my eie sprokiesverhaal of selfs 'n moderne mengsel van Aspoestertjie en Frozen se "Elsa" gevoel. Die ligte kleur en fyn detail het my laat dink aan hierdie geliefde Disney prinsesse en dit is definitief hoe ek wou voel op hierdie spesiale geleentheid.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Definitief die romp. Ek het nog nooit voorheen so 'n rok êrens gesien nie en dit is beslis baie uniek en spesiaal. Die slit in die rok maak dit moontlik om die mooi satyn binnekant van die romp te sien wat 'n mooi blink skynsel gee wanneer ek loop of sit.

Datum van matriekafskeid?

2024-09-21

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media