Desiré Engelbrecht

Klerksdorp Hoërskool

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek beplan al my rok vir jare! Ek het besluit op 'n geel twee stuk rok met ketting. Die rok simboliseer my as 'n persoon. Die geel is my persoonlikheid. Ek is altyd 'n sonstraal – kind, die sleep simboliseer my verlede en hoe dit my gevorm het, en die ketting simboliseer my vryheid en hoe ek weg breek uit die kettings wat my vashou. Die twee stuk ontwerp simboliseer my as atleet. Ek wou my atletiek agtergrond ook inbring by my rok.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

19/09/024

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek het oor die jare rokke bymekaar gemaak wat ek van gehou het. Op die ou end het ek 14 rokke gehad! Ek het toe iets uit elke rok gehaal waarvan ek hou. Ek wou ook oorspronklik wees en ook 'ek' wees.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Daar is so baie! Maar ek moet sê die sleep van die romp, die sleep maak die romp meer formeel, dan ook die ketting op my rug. Die ketting gee die illusie van 'n oop rug.

Datum van matriekafskeid?

2024-09-19

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media