Desereé du Plessis
Hoërskool Oosterlig
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
My rok is gemaak uit swart satyn. Om uniek te wees het ek besluit op pastel-blomme wat op geborduur is wat ń 3D effek skep. Die vloei van die blomme stel voor die groei van ń meisie na ń jong dame.
Die agterkant van my rok het ń dubbele kruising wat gemaak is uit satyn bandtjies.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Ja
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
My inspirasie is blomme.
Blomme pas by my persoonlikheid wat die rok meer uniek maak vir my.
Blomme simboliseer vir my die groei en die skoonheid om oor te gaan na die volgende fase van die lewe.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Die blomme van die rok asook die kruising van die bandtjies wat ń elegante styl skep.
Datum van matriekafskeid?
2024-09-20