Demí Plath
Hoërskool Nelspruit
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Ek droom al oor my rok vanaf ek in Graad 5 was. Ek het deur verskeie rokke gekyk en unieke style ontdek. Een ding was verseker: my rok moes my persoonlikheid weerspieël en uitstraal. Toe ek en my ma die materiaal die eerste keer sien, was my asem weg geslaan. Die vae prentjie in my gedagtes het in 'n duidelike beeld verander.
My droomrok was in wording, getower met behulp van die passievolle ontwerper, my "fairy godmother," Lynmarie Griffioen. Haar kreatiwiteit en liefde vir mode het my visie lewendig gemaak.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Hoërskool Nelspruit
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Ek is 'n energieke, positiewe mens wat van pret hou en mal is oor dans, so my rok moes my nie beperk nie. Daarom het ek my rok met 'n broekpak as kernpunt ontwerp. Die romp gedeelte is los en kan verwyder word om meer aanpasbaar te wees, wat die oorgang van formeel na prakties vergemaklik.
Verder is die rok 'n verlenging van my plaasmeisie, blommekindpersoonlikheid. Die veelkleurige blomme verteenwoordig vreugde, positiviteit en 'n lus vir die lewe.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Die veelseidigheid daarvan, dat dit n rok sowel as broek is.
Datum van matriekafskeid?
2024-07-20