Delané Potgieter
Hoërskool Stellenberg
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
My rok is eenvoudig, maar elegant. Ek en my ontwerper, Didi Couture, wou iets uniek doen. Daarom het ons besluit op die kleur pienk, wat niemand van my sou verwag nie, ek selfs sou nooit gedink het dat my rok pienk sou wees nie. Die kleur is ń “statement” op sy eie en die vloei en vorm dra by tot die mooi resultaat wat ons gekry het. Die blom bring dan ń fokuspunt ook by.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Hoërskool Stellenberg
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Ek is gek oor rooitappyt uitrustings. Ek kyk elke jaar die Grammys en Oscars en het my inspirasie vandaar gekry. Ek wou “Hollywood” gaan maar nie teveel dat ek nie lekker kon dans op die aand nie. Ek het besluit op die helder pienk om my optimisme, energie en persoonlikheid te weerspieël.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Dit sal beslis die blom op my skouer en die kleur wees. Ek soos nooit verwag het dat ek op pienk sou besluit nie, maar ek is baie bly dat ek het, want nou kan ek nie indink dat my rok ń ander kleur moes wees nie.
Datum van matriekafskeid?
2024-09-19