Deandré Pieterse

Hoërskool Parys

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek het op Pinterest gaan loer vir insperasie vir my matriekafskeidrok en ek het n foto gesien van mý rok. Ek het toe die foto vir my ouma gewys en toe is ons op ń avontuur om die perfekte lap te kry vir my rok. Toe ek in graad 5 was, was my ouma se grooste droom om haar eenigste kleindogter se matriekafskeidrok te maak en so op die ouderdom van 83 -met haar naaldwerkmasjien wat meer as 50 jaar oud is- het my ongelooflike talentvolle ouma my droom rok gemaak. Sy het werklik my soos n prinses laat voel.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Parys

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Op die jag na idees vir ‘n rok op Pinterest het ek n foto gesien van mý rok, vir amper ‘n jaar het ek gedroom oor hoe ons my rok kan begin maak. Uiteindelik het ons gaan lap koop en toe begin die opgewondenheid eers!

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Definitief die blomme op my rok. Aanvanklink toe ons die lap gaan koop het, het my ouma absoluut niks van die blomme gehou nie maar toe als bymekaar kom was sy verlief op die rok. Ek en my ouma het al daai blommetjies uitgeknip en my ouma het elke blommetjie met die hand vas gewerk.

Datum van matriekafskeid?

2024-09-20

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media