Darla Lombaard

Hoërskool Middelburg

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek het al van graad 10 af geweet watse rok en kleur ek wil hê dit was net die voorste gedeelte van my rok wat ek wou verander.. Ek het 'n donker vel, so ek moes 'n kleur kies wat by my vel kon gepas het… En watse perfekte keuse was dit nie wat ek gemaak het nie..

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Middelburg

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Albei my Ouma's is oorlede en hulle albei het altyd vir my as klein dogtertjie gesê “my kind jy gaan eendag soos die mooiste prinses lyk in jou Matriekafskeidrok” en soos ek groter en ouer begin geword het, het ek na prentjies begin kyk van rokke en toe ek my droom rok sien het ek geweet ek gaan soos 'n Prinses lyk.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Joh dit is 'n moeilike keuse, want my hele rok het perfek gepas en alles was net te mooi gewees, maar as ek moet kies sal ek sê dit was die romp gedeelte van my rok gewees, want ek kon hom af haal en ek kan hom enige tyd gebruik vir iets anders..

Datum van matriekafskeid?

4 Oktober 2024

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media