Danike Fourie

Hoërskool Dr Malan

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

As kind glo mens nie jou ouma se woorde as sy sê “Hoe rooier hoe mooier” nie, soos mens dan ouer word besef mens die wysheid in die woorde! My rok is die ontwerp van Natalia Jeffreys, en dit het vele veranderings ondergaan voor ek op die ontwerp besluit het- die een element wat ek wel van die begin af seker was oor, was dat hy rooi sou wees! Ek wou ń tydlose ontwerp gehad het, en dit is presies wat Natalia Jeffreys reggekry het!

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Dr Malan

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Daar was geen spesifieke foto van die rok wat ek wou hê nie, ek het wel geweet ek soek ń lang sleep wat n oënskynlike indruk sou maak met ń bietjie van ń unieke bokant!

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel was die langerige sleep wat elegant gevloei het en die rooi kleur van die rok! Maar alles was perfek, Natalia Jeffreys het AL die boksies getick!

Datum van matriekafskeid?

2024-10-03

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media