Danika Snyman



Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Ek het reeds n afspraak gereel met n plaaslike ontwerper om n rok te laat maak maar wou graag vooraf n paar rokke aanpas om seker te maak watter styl by my sou pas.
Groot was die oomblik toe ek die rok sien – n twee stuk ontwerp deur La Pearle Noir van The Black Pearl in Kaapstad.
Met die aanpas van die rok wou die trane rol … perfekte passing asof dit spesifiek vir my gemaak is. Afgesien van die wonderlike tekstuur en vrolike motiewe van die materiaal is die styl speels – ek kan draai en swaai, my rok het sakke, dit is seksie maar so stylvol! My droomrok – ek voel soos n prinses!
Nodeloos om te sê die afsraak met die ontwerper is dadelik gekanseller – wat kon ek meer begeer as om so n unieke rok te dra op my groot dag?