Danika Norton



Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Van 'n klein dogtertjie het ek altyd gedroom van die mooiste rok by die matriek afskeid net soos enige meisie. Oor die jare het my idees verander en ek het duisende prentjies bymekaar gemaak oor die spesiale rok. In graad 11 het ek al begin om my droom rok te ontwerp met al die duisende prentjies, maar dit was 'n groot taak met al die keuses. In die begin van my matiek jaar het ek besef wat belangriker was. Op die einde moet my matriek afskeid rok my persoonlikheid ten volle weerspieel – borrelend, elegant, sexy maar volwasse. Roedolf D Couture het my idees presies vas gevang na slegs een konsultasie! Die kleur, die ontwerp, HIERDIE rok was presies wat ek oor gedroom het vir 12 jaar! Baie dankie Roedolf, Adriaan en Johan vir die lang ure om my rok betyds gereed te he! Dit is die perfekte rok, julle het my persoonlikheid ten volle vasgevang in 'n pragtige skepping en my droom laat waar word!!! Julle sal altyd 'n plek in my hart he en spesiaal vir my bly net soos my rok wat nou netjies in my kas hang. My rok is nie net 'n stuk materiaal nie, nee my rok vertel 'n storie van liefde, deernis, vreugde, borrelende gelag en ja huil oomblikke van geluk!
Ek is super lief vir julle!!!