Danielle Vermaak

Melkbosstrand

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Dit is die mooiste rok ooit, my droomrok en was my keuse al vandat ek 'n klein dogtertjie was!! Die ontwerp het ek self aan gedink met die hulp van verskillende rokke om my droom rok te ontwerp. Dit is gemaak deur een van my ma se beste vriendinne, Lizel Lourens en is die heel eerste keer wat sy so 'n rok gemaak het. Na baie tyd en liefde, het sy my droomrok gemaak. Die ligte pers satyn onder, unieke wit kant bo-oor, met baie krale en blinkers, drie dimensionele blomme en skoenlappers en stylvolle korset, was die perfekte kombinasie. Die rok is agter ook 'n bietjie langer as voor, met 'n spleet aan die regtekant vir bietjie been wys. My droom het 'n werklikheid geword!

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Melkbosstrand

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek het besluit om my gunsteling kleur te kies en ook omdat dit my oorlede ouma se gunsteling kleur was. Daar was ook ekstra skoenlappers saam met die drie dimensionele blomme vasgewerk, omdat ek mal is oor skoenlappers. Net soos die skoenlapper 'n gedaantewisseling ondergaan, het ek van laerskool tot nou baie verander. Die uiteinde is 'n kleurvolle, pragtige skoenlapper wat hoog kan vlieg; net so kan ek ook nou na matriek hoog vlieg. Ek het soos 'n regte prinsess gevoel en my aand vreeslik geniet, veral omdat ek so mooi in my rok gevoel het. Ek het my eie naels, grimmering en hare gedoen.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Alles het perfek gepas en die kleur het vreeslik uitgestaan!! Mariana Visser het ook die mooiste foto's geneem van my in die sprokiesrok. Ek het so mooi gevoel en baie komplimente gekry. Dit was 'n spesiale aand met die perfekte rok!

Datum van matriekafskeid?

2024-09-20

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media