Danielle van den Berg

Midstream College

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My matriekafskeidrok het 'n elegante A-lyn vorm wat my fyn middel pragtig beklemtoon, terwyl die vloeiende romp ontwerp is om my gemaklik en vrylik te laat beweeg. Die rok spog met 'n dramatiese diep oop rug wat onmiddellik aandag trek, en die voorkant het 'n stylvolle V-nek wat subtiel bedek is met delikate kant, wat steeds die elegante uitsny mooi vertoon. Hierdie pragtige skepping deur Nadine Manikas draai menige koppe, en ek stap met selfvertroue in my unieke ontwerp, presies soos ek dit beplan het.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Die inspirasie agter my rok was my ma. Sy het waardevolle insig gehad in die styl, kleur en vorm van die rok, en ongewoon vir baie ma-en-dogter paartjies, deel ons twee nogal dieselfde smaak. Dit was 'n lang proses om die perfekte styl vir my matriekafskeidrok te kies, maar verbasend genoeg het ons glad nie baklei nie. Die kleur van die rok is geïnspireer deur my groen-blou oë. Soos my ma altyd sê, moet mens 'n kleur kies wat jou oë laat “pop” – en die kleur van my rok het dit beslis reggekry! Die vorm is ontwerp om my slanke figuur te beklemtoon terwyl dit ook die illusie skep van lengte. Die kant van die rok is met sorg oor die lyf geplaas om 'n vloeiende effek te skep en te verseker dat die ontwerp uniek is en uitstaan tussen ander rokke.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Daar is soveel aspekte van my matriekafskeidrok wat my hart gesteel het, dat dit byna onmoontlik is om net een gunsteling deel te kies. Maar die deel wat vir my die spesiaalste was, is die kant van die rok. Dit is so uniek en so meesterlik oor die lyf geplaas dat ek aan geen ander rok kan dink wat met myne vergelyk nie. Die kant het soos sterre geskitter en het as 'n fokuspunt van die ontwerp uitgestaan. Dit is vir my besonders spesiaal, want my ouers sê al vandat ek klein is dat hulle si lief is vir my soos al die sterre in die hemel, wat hierdie detail nog meer betekenisvol maak.

Datum van matriekafskeid?

2024-10-05

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media