Danielle Steyn

Witteberg hoërskool

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek was heel gegooi toe ek die keuse van rok vir my ma moes gee om tenminste 'n begin punt te kry van wat ons na moet soek. Al wat ek geweet het is die rok mòèt geel wees. My ma het na my gekom met klomp rokke op haar foon, wat sy van Pinterest af getrek het, en ons het ure deur die foto's geblaai met geen geluk. My ma het die foon afgesit en my gevra wat ek wil hê en hoe ek wil hê die rok moet lyk. Sonder foto's van Pinterest en enige ander opinies het ons saam met die ontwerp van die rok opgekom. Geel,maar eenvoudig en steeds elegant. Omdat ek in 'n dorp bly wat bekend is vir sy wisselvallige weer het my ma voorgetel dat ek vir my iets lig moet kry om oor my skouers te gooi vir as dit koud sou raak. Van kleins af was ek mal oor die idee van 'n mantel wat in 'n mate my ouers se warm liefde wat oor my vou verteenwoordig en ook die feit dat dit my soos 'n prinses laat voel het. Die keuse van my mantel het op die einde van die dag niks met hitte te doen gehad nie maar net met my prinses gevoel.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My inspirasie van my rok het van die begin af die selfde gebly. Geel. Eks mal oor die kleur en dit beskryf wie ek is. Ek skyn waar ek gaan en ek probeer om altyd die liggie te wees in ander se lewe. Die lekkerste gevoel vir my is as iemand lag, dus vrek ek oor die kleur. Dis warm en vrolik. Ek het 'n baie eenvoudige styl van my rok gekies, weereens om my persoonlikheid te weerspiëel in die sin van ek wie ek is en nie probeer deftig of anders te wees om mense nie. Ek is wie God my gemaak het en ek wil nie dit verander nie. 'n Familie vriend het my rok gemaak en my mond het op die grond gehang toe ek die dit sien. Dit is waarlik nie deftig in die sin van klomp kant of ditjies en datjies nie, maar dis (vir my) asemrowend.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel van my rok is die manier hoe hy my laat voel het. Ek het nie 'n tipiese modellyfie nie ,maar in hierdie rok het ek besef dat ek pragtig is net soos hoe die Here my gemaak het. Ek was in daai oomblik 'n prinses. Die aand was ysig koud ,maar die geel van my rok het my laatvoel of ek net nog helderder geskyn het en my vlam warmer gebrand het.

Datum van matriekafskeid?

2024-09-20

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media