Danielle Rabie
Hoërskool DF Malan
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Ek wou graag ʼn romantiese rok gehad het waarmee ek kon dans en speel en daarom het ons ʼn sirkel romp gemaak wat vrylik kon beweeg. Ek wou ook ʼn slip voorin die rok hê en ons het toe ʼn nouskittende rompie gemaak onderaan, wat dieselfde materiaal as my rok is.
Ons het ʼn prinses-lyn lyfie gebruik en dit "noupas" op my lyf gemaak. Die V-halsyn herhaal voor en ook op my rug en skep harmonie en eenheid. Op die halslyn, het ons klein diamante gesit wat aksente en fokus skep. Ek het ʼn spesiale, skitterende hangertjie op my rug gedra, om die lae rug-snit te beklemtoon.
Om die lyfie van die rok mooi af te rond, het ons oorgetrekte knopies en lussies gebruik as ʼn vasmaakmiddel. Die knopies moes eers na Oudtshoorn gepos word, waar dit met die hand oorgetrek is.
Die rok is mooi af gerond met ʼn sleep wat my op die rooi tapyt kon volg. Ons het ʼn bandjie aan die sleep aangeheg, sodat ek die sleep aan my arm kon vasmaak, vir wanneer ek wil dans.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Hoërskool DF Malan
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Ek het verlede jaar ʼn idee gehad van hoe my rok moes lyk. Ek het iets wit en skitterend gesoek. Ek het my rok ontwerper, Lizelle de Bruyne, (@lizelle_dzign) genader en vir haar my inspirasie gewys.
In die winkel het ek, my ma en tannie Lizelle na verskillende, alternatiewe kleure gekyk, maar niemand kon my ompraat nie! My hart was by die wit "Moonlight" materiaal. Dit is wit, skitterend en het ʼn blou ondertoon.
Ek wou voel soos ʼn prinses en my droomrok was dié van die sprokiesverhaal, "Aspoestertjie". Na baie beplanning en aanpas-sessies, het my sprokiesverhaal tot lewe gekom. Die eind-resultaat was perfek! Tydloos, elegant en stylvol.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
My gunsteling deel van my matriekafskeidrok is dat dit my persoonlikheid weerspieël. Met daardie eerste paar tree op die rooi tapyt, het ek gevoel asof ek reg uit ʼn sprokiesverhaal gestap het. Die wit kleur van my rok was treffend, maar ook sag op die oë.
Ek is mal oor hoe al die "detail" in mekaar in vloei. Die silwer blinkertjies op my halslyn en die hangertjie wat my rug beklemtoon, het my laat skitter en sprankel.
My heel gunsteling deel is om my sleep op te tel en te draai en te draai en te draai!
Datum van matriekafskeid?
2024-09-19