Daniélle Heyneke

Hoërskool Wesvalia

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Delikate blomme dans oor die vol vloeiende wye romp. Soos die lig die rok vang is daar klein diamantjies wat 'n kaleidoskoop van kleure maak. Die blote gaas wat vel deurlaat op die top voeg romanse toe. Die geur van lente word vasgevang soos die groen blare tussen deur die blomme beweeg.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Vandat matriekafskeid rok idees in my kop begin dwaal het, het ek geweet ek wil my "Cinderella" oomblik ervaar. Daarom die wye snit keuse. Toe ek 'n inspirasie foto sien van die materiaal met al die blomme op, het elke sprokies verhaal wat ek al ooit gelees het in my kop opgekom en daar was geen ander opsie nie. Elmarie Jooste het my drome waargemaak met die perfekte lap. Elke blom op hierdie sagte pers materiaal het met my gepraat. Dis asof ek in my eie veld van blomme kon rondloop. Ek kon net vir my rok kyk- en ek het geweet, vir een dag gaan ek in my eie sprokie kan wees.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Daar is geen spesifieke detail wat ek kan uitsonder van my rok nie. Elke deel van die rok , van die snit na die blomme, het elkeen 'n deel van my persoonlikheid en dit waarvoor ek lief is beskryf.

Datum van matriekafskeid?

2024-09-30

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media