Daniélle de Wet
Die Hoërskool Menlopark
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Die bolyfgedeelte van my rok het bestaan uit ń corset-toppie ontwerp wat ligte netmoue gehad wat om my arms gehang het.Die toppie was met 25 klein blou knopies vasgemaak (wat nogal geduld vereis het) wat bygedra het tot die couture-element van die toppie.Die toppie se fyn middelgedeelte het oorgeloop in ń tipiese prinsesstyl-romp wat uit 7 lae verskillende skakerings van blou net bestaan het.Die onderste laag was ń mooi "teal" kleur en elke laag se bloukleur het al hoe donkerder geword totdat dit by die saffierblou laag aan die bokant uitgekom het.Die sagte blou net wat gebruik het,kon mooi die lig wat daarop skyn vasvang om klem op die intense oseaanblou bokant te plaas.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Die Hoërskool Menlopark
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Ek was in Graad 3 toe die "Cinderella live action" uitgekom het.Daar is een toneel waar Lily James met sulke pragtige blou rok by die trappe afstap en ek het dadelik na my sussie toe gedraai en gesê:"Dít is of my trourok...of my matriekafskeid rok!"Van daar af het ek geweet dat dit presies is hoe my rok moet lyk.Ek het nog altyd daaroor gedroom om ń mooi "poofy" rok te dra wat my laat voel soos ń Disney-prinses en in hierdie geval Cinderella.Alhoewel ek nie die glashakke gedra het nie,het ek regtig net gevoel soos in die toneel van Cinderella waar sy met haar ikoniese rok by die trappe afstap.Ek het nog nooit van tevore ń blou dineerok gehad nie,want ek het geweet hy lê vir my voor vir die matriekafskeid!Ek het ook gespot en gesê dat dit asseblief net die kleur van die Stilbaai-branders moet wees
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
My gunsteling deel daarvan was eintlik maar dat die rok in geheel met sy digte romp,sagte net,couture toppie en vele skakerings van pragtige blou my laat voel het soos ń regte Disney-prinses en dat Daniélle van 9 jaar terug net gedroom het van daardie Cinderella rok,toe ek die eerste keer in die spieël kyk met die rok aan toe besef ek...wow die droom het toe regtig waar geword.En ek moet sê ek kon nie wag om die dansvloer te tref om te sien hoe die rok met sy vele lae kan "twirl"nie,dit was die beste !
Datum van matriekafskeid?
2024-09-20