Layla de Hart

Goudveld Hoërskool

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Hollywood Ikone soos Audrey Hepburn, Grace Kelly en Ingrid Bergman se tydlose elegansie en styl bekoor my en het defnitief my rokkeuse beinvloed.

Die kunste is my passie; musiekblyspele, drama, fluit, fotografie en nog vele meer. Ek wou graag die dramatiese kant van my persoonlikheid vasvang op hierdie aand.

Met die ‘tea-length’ rok wou ek ook bietjie meer klassiek voorkom, eerder as verloklik of formeel. Toe ek die bottergeel madeliefie rok aanlyn sien, het ek geweet dit is perfék.

Ons fotograaf het, volgens my, die drama en atmosfeer van die aand uitstekend vasgevang. Die fotos is geneem met toestemming van ons plaaslike teaterbestuurder op die verhoog van die Ernest Oppenheimer teater.

Ek het gevoel soos ‘n filmster uit ‘n klasieke musiekblyspel!

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media