Danielle Day
Hoërskool Noordheuwel



Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
‘n Prentjie uit ‘n tydskrif, idees in my kop, ‘n droom van ‘n sprokiesrok is alles op die einde verwesenlik. Ek wou ‘n rok gehad het met eenvoud, tog klassiek, elegant, stylvol en met ‘n ekstra “sparkle” om alles mooi af te rond. Die talentvolle Shené Olivier van Shené Vyver Couture kon al hierdie eienskappe vasvang en my droomrok skep. Die kleur, ontwerp en detail is presies wat ek wou gehad het. Elke kristalletjie en pêreltjie is selektief met die hand vasgewerk om ‘n groot mate van simmetrie te skep om sodoende haar meesterstuk te voltooi.
RDK photography het daarin geslaag om elke kosbare oomblik van die spesiale dag vas te vang om vir ons herinneringe vir ‘n leeftyd te gee.