My rok se boonste gedeelte is wit en die onderste gedeelte is swart. Die 2 wit moutjies is verwyderbaar en die rok het ook ń spleet aan die agterkant. Die kontras van die swart en wit het dadelik my oog gevang en ek het onmiddellik geweet hierdie is die een !
Skool se matriekafskeid bygewoon?
C&N Sekondêre Meisieskool Oranje
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Ek was opsoek na n eenvoudige rok , maar wat steeds uniek is en ń “statement” maak. My hoofdoel was dat my rok my persoonlikheid moet uitstraal. Ek het my inspirasie vir my matriekafskeidrok op Pinterest gekry. Daar was egter n paar veranderinge gemaak soos byvoorbeeld die spleet aan die agterkant van my rok en die wit moutjies.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
My gunsteling deel van my matriekafskeidrok is definitief die verwyderbare wit moutjies. Wanneer dit afgehaal word, word ń hele nuwe rok geskep en ek kan dit dus vir meer as een geleentheid benut.